Vrou dagvaar Boeing vir miljoene dollar

’n Franse vrou het die Boeing maatskappy gedagvaar vir $276 miljoen weens die Boeing 737 MAX se ongeluk wat die dood van haar man veroorsaak het.

Die Boeing wat in Ethiopië neergestort het ween ’n beweerde fout in die stelsel van die vliegtuig, is een van twee soortgelyke ongelukke wat deur ’n Boeing 737 MAX plaasgevind het binne vyf maande.

Dit het later bekend geword dat Boeing toe reeds bewus was dat so ’n fout in die 737 Max modelle bestaan, maar het klaarblyklik niks gedoen om die fout reg te stel nie.

 Die ongeluk van die Ethiopiese Lugredery se Boeing het die dood van al 157 mense aan boord beteken, en is die tweede soortgelyke ongeluk wat vyf maand tevore die dood van 189 mense veroorsaak het.

Daarna het dosyne families met regstappe bgin teen die Boeing maatskappy, wat beteken dat miljarde dollar se eise teen die vliegtuig vervaardiger ingestel word.