Voormalige Boeing baas word minister

Patrick Shanahan

Die voormalige Uitvoerende Hoof van die Boeing maatskappy, Patrick Shanahan, is deur President Donald trump genomineer as die nuwe Minister van Verdediging.

Patrick Shanahan het sedert die begin van 2019 waargeneem in die hoedanigheid, en word allerweë as ’n uitstekende kandidaat vir die pos beskou.

Die besluit volg egter na maande se bespiegeling oor Patrick Shanahan se posisie in die Trump-administrasie nadat hy beskuldig is van etiese oortredings, maar onskuldig bevind is.

Patrick Shanahan volg James Mattis op wat bedank het weens sy verskille met die president oor die VSA se betrokkenheid in Afghanistan.