Volksmoord

In verskeie Afrikalande het die een na die ander volksmoord sulke ernstige afmetings aangeneem dat die Verenigde Nasies uiteindelik moes ingryp.

Daardie moorde is net soos hier in Suid-Afrika, op die wreedste denkbare metodes uitgevoer, maar daar is een geringe verskil tussen die gevalle.

In Suid-Afrika is dit ’n volksmoord wat met goed beplande aanvalle op die Afrikanervolk ingestel is.

Die afgelope week is meer as agt voorvalle aangemeld, waarvan sommige volksgenote gelukkig genoeg is om steeds in lewe te wees, maar daar is ook die gevalle van mense, sommige jonk, ander reeds bejaard, minder gelukkig was, en met hulle lewens moes betaal.

Sedert 1994 het duisende Afrikaners die land verlaat en ’n veiliger woonplek gevind waar hulle hul kinders kon opvoed, al was dit in ’n vreemde lande, met vreemde taal en kultuur  –  ten minste het almal veiliger gevoel as hier in die bloed besaaide land.

In die afgelope week na die algemene verkiesing, het die moord op blankes toegeneem, en alhoewel talle aanvalle op volksgenote misluk het weens hulle paraatheid, is die trauma en hartseer van te veel mense ondervind.

Dit verklaar waarom die uittog skielik in getalle toegeneem het, en die volk wat reeds twee miljoen siele verloor wat elders ’n heenkome gevind het, is daar nou ’n hernude vlaag van mense wat oppak en vertrek.

Intussen is daar diegene wat hardnekkig in die land vasskop, waarvan baie honderde reeds vermoor is.

Die vreugde om kommervry in jou vaderland te woon, te werk en jou kinders laat speel en leer en vestig, is nie meer beskore in hierdie land waar daar daagliks gemoor, verkrag en beroof word nie.

Die stryd om vryheid kan dus nie sondermeer vergete gelaat word nie, en daardie strewe begin deur te leef asof daar geen ander in die land is nie, maar om te midde daarvan, elke dag paraat en waaksaam te bly teen die onverwagse aanvalle van terroriste.