Voedsel tekort bedreig Kuba


Die kommunistiese regering van Kuba sê in ’n verklaring dat maatreëls ingestel word om groter beheer uit te oefen met die beskikbaarstelling van rantsoene aan inwoners.

Verskeie voedselsoorte is uiters beperk en higiëniese produkte moet nou op die ou stelsel van rantsoenering aan mense gegee word weens die ernstige tekort.

Mense moes in lang toue staan om ’n bietjie lekkers te kon koop in die Kubaanse hoofstad Havana, en beskuldigings word gemaak dat die tekorte ontstaan het weens die handelsboikot van Amerika.

Kubaanse winkelrakke word met minder voorraad gesien en mense moet ure lank in toue staan om iets gekoop te kry.

Inwoners het die sosiale media oorlaai met foto’s van lang rye mense wat lank staan en wag om noodsaaklike lewensmiddele gekoop te kry.

Kuba voer 70% van sy voedsel in uit ander lande, en met die sanksies van die VSA teen hom, het voedselpryse skerp gestyg terwyl die beskikbaarheid uiters beperk is.