Vliegtuie oorval Nampo

Vanjaar is Nampo se bywoning van mense wat per vliegtuig hulle besoek bring, meet as wat nog ooit aangeteken is,

Met die eerste dag van Nampo se wêreldberoemde skou, het 48 helikopters en 192 vliegtuie op die aanloopbaan neergestryk.

Boere wat die “instroming” aanskou het, sê die lugruim was beset deur vliegtuie en die grondpersoneel moes bontstaan om die lugverkeer te reël.

Die druk op grondpersoneel was tot die uiterste getoets omdat die landing van al die vliegtuie binne 3 uur afgehandel moes word.

Die reëlings het egter goed verloop, en ’n vliegtuig of helikopter het gemiddeld elke minuut op die aanloopbaan geland.

Op die eerste dag van die skou het meer as 22,000 besoekers opgedaag, en die verwagting is dat dit vanjaar ’n rekord aantal besoekers sal lok.