VF+ Die waarheid kom uit


Die VF+ het dit baie duidelik gestel dat hulle ‘n party is vir alle Suid Afrikaners. Wouter Wessels , segsman van die VF+ het tydens  ‘n radio onderhoud gesê dat die party nie net vir konserwatiewe blankes is nie. 

Die party het volgens hom swart leiers in hul midde.  Dit is vreemd dat die party nie die uitlatings gemaak het voor die verkiesing nie. 

Die Vryburger was dus reg om behoudende Afrikaners te waarsku teen die VF+ as sogenaamde “party vir die Boere Afrikaner”. 

Advokaat Alberts het tydens ’n TV nuusuitsending gesê die dramatiese styging in steun kan deels toegeskryf word aan die Bruinmense se stem.