Verslaggeefster vra: Verwerp Steve

Steve Hofmeyr

Mia Lindeque, verslaggewer by EWN,  het ‘n beroep gedoen op Afrikaners om hul te distansieer van Steve Hofmeyr en sy rassistiese vasklou aan Die Stem en Die Vlag

Sy beskryf  Hofmeyr as ‘n self-verklaarde Afrikaner aktivis wat  vir baie Suid Afrikaners, wat ‘n nie-rassige en gelyke sosiale gemeenskap soek,   ‘n doring in die vlees is.   Sy vra ook  dat Afrikaners die Ou Vlag moet wegpak en die Vicky Mombergs in eie geledere moet verwerp.

Die aanslag teen Steve Hofmeyr duur voort, en die linkse media word ingespan om die swartsmeerdery verder te bevorder, maar intussen het Afrikaners in groot getalle hulle steun aan die bekende sanger gegee vanweë sy vasbeslotenheid om die Afrikaner se belange te dien.