Verkiesingsbedrog oral aangemeld

Die radikale EFF het beweer dat die regering se ANC lede hulleself “georganiseer” het om twee keer te stem in Wes-Transvaal

Die Malema-groep het in ’n verklaring gesê hulle verwerp die optrede van die ANC met hulle ondersteuners se optrede om na hulle gestem het, ook by ’n tweede stemlokaal te gaan stem.

Mbuyiseni Ndlozi beweer dat een ANC raadslid is uitgevang dat hy twee keer in Marikana gestem het by twee afsonderlike lokale.

In Oos-Kaap is glo ’n soortgelyke voorval waar ’n ANC lid twee keer gstem het, en nou is waarnemers bekommerd dat die optrede van ANC ondersteuners veel groter is as wat vasgestel kon word.

’n Politieke waarnemer het aan Die Vryburger gesê dat dit wl moontlik is om twee keer te stem deur ink verwyderaar te gebruik om dit van die vinger af te haal en as die persoon ook elders as kieser geregistreer het, dan daar ’n tweede stem uit te bring.

Verskeie mense wat gestem het, sê hulle kon die ink kort nadat hulle gestem het verwyder om maklik weer te gaan stem.