Verkiesing kos miljarde rand

Loftus

Die pas afgelope verkiesing het die sukkelende ekonomie nog ’n tree nader aan rommel status gedruk met die geweldige groot uitgawes wat politieke partye aangegaan het.

Behalwe dat die belastingbetalers moes opdok vir die staat se uitgawes waarvan die bedrag onbekend is, maar wel miljoene beloop het, is die politieke partye se magsug weereens getoon.

Die ANC het meer as een miljard spandeer in sy poging om die land se regeerder te bly, terwyl die ander 47 politieke partye gesamentlik net meer as een miljard rand spandeer het.

Politieke ontleders reken die verkwisting het geen uitwerking getoon op wie ’n kiesers oortuig het om vir ’n ander party te stem nie, en daar het weinig veranderings plaasgevind behalwe dat die VF Plus sy posisie aansienlik verstewig het, en so ook die Malema party.

Asof die sukkelende ekonomie nog verder belas word, wil die ANC president Ramaphosa ’n spog geleentheid maak van sy inhuldiging by die Loftus Versveld rugbystadion waar sowat 45 duisend van sy ondersteuners dit kan aanskou.