Venezuela swaai stadig na Guaido

Die oproep van Juan Guaido, leier van die amptelike opposisie in Venezuela, is besig om vrugte te lewer, en slegs die Russiese invloed verhoed dat president Maduro handdoek ingooi.

Venezuela se gevreesde Geheime Polisie het aangekondig dat hy nie meer die Maduro-regime ondersteun nie en hom skaar by Juan Guaido.

’n Aantal afdelings van die Weermag het intussen oor na Guaido se kant beweeg en meegedoen aan die 1 Mei massa optog in die hoofstad Caracas.

Waarnemers beweer dat Maduro op die punt was om na Kuba te vlug, maar Rusland het hom oorreed om na pad te gee nie.

Maduro het later die dag in ’n TV onderhoud gesê die “staatsgreep” van Guaido het misluk, maar teen die middag van 1 Mei was daar onsekerheid oor die toestand in Caracas.