Venezuela: Skatryk tot brandarm

Venezuela is een van die wêreld se grootste produsente van olie, en het ’n welstand gevestig van uitnemendheid vir sy burgers.

Met die verkiesing van die sosialis, Nicolas Maduro, wat opleiding in Kuba ontvang het, is die toneel binne enkele jare verander na ’n land waar voedsel en ander noodsaaklike lewensmiddele weens ’n gebrek aan fondse, net nie meer beskikbaar nie.

Die land is sterk ingestel op olie produksie en landbou is ’n baie klein deel van die ekonomie, met die gevolg dat 90% van sy voedselvoorraad ingevoer word.

Waar skole en universiteite voorheen uitstekende opleiding gebied het, is die wanbestuur deur die president en sy regering verantwoordelik vir die verswakking wat in die opvoedkundige veld ondervind word.

Die burgers wat almal ’n sterk ekonomiese stand gehad het, se toestand het geleidelik agteruit gegaan om ’n verarmde volk te laat.

Uiteindelik sou die amptelike opposisieleier begin met groot aksies om die volk in verset te bring, en met sy gesag as meerderheidsparty in die Algemene Vergadering van Venezuela, het die steun vir verset gegroei tot waar die weermag voor ’n ultimatum gestel is om kant te kies.

Intussen het die opposisieleier, Juan Guaidó, homself as tussentydse president van Venezuela verklaar, en binne een week het tientalle Westers lande verklaar dat die Maduro-regime nie meer erken word nie en hulle steun aan Juan Guaidó gegee.

Gedurende die afgelope week het die verset in momentum toegeneem, en het Juan Guaidó ’n beroep gedoen op die Weermag offisiere om kant te kies vir die instandhouding van die land se Grondwet. Dit het sowat sewe afdelings van die weermag met al hulle lede laat kant kies teen die regering en president Maduro.

Juan Guaidó se oproep tot die kiesers het groot steun ontlok toe hy mense aangespoor het om die strate van die hoofstad in te trek uit protes teen die diktatorskap van Maduro.

Duisende mense het die strate ingevaar en vreedsaam betoog, terwyl die VSA Maduro gewaarsku het om nie geweld teen die burgery te gebruik, en die opposisieleier nie in te perk soos wat gedreig is om gedoen te word nie.

Daar heers ’n atmosfeer van afwagting in die land, maar kommer bestaan oor die betrokkenheid van Russiese weermag offisiere.

Die feit dat Rusland ook sy hand op die ryk olievelde van die land wil kry, noop hom om tog versigtig te wees want sou Juan Guaidó uiteindelik die oorhand kry, wil hy nie uitgeskakel word as “vennoot” van Venezuela nie..

Rusland en Sjina is ook baie vêr en afgeleë van Venezuela, en sal dit moeilik vind om in konflik te gaan met al die Suid-Amerikaanse state wat hulle steun saam met die VSA aan Juan Guaidó ggee het.