Venezuela parlementslede soek asiel

Juan Guaido

Minstens twee van Venezuela se opposisie parlementslede soek nou asiel as vlugtelinge van die Maduro-regime wat vervolging teen hulle ingestel het.

President Nicolas Maduro, wat slegs dur enkele lande van die wêreld erken word as staatshoof van Venezuela, het vervolging ingestel teen verskeie parlementslede van die opposisieparty van Juan Guaido wat ’n groot verset optog uitgevoer het in die hoop dat die president sou bedank.

Juan Guaido is wonderbaarlik nog nie self vervolg nie, en waarnemers reken dit is as gevolg van die VSA se waarskuwing om nie die leier vaan die opposisie in hegtenis te neem nie.

Die president en sy weermag ondersteuners het die optog geëtiketteer as ’n poging van die opposisie om ’n staatsgreep uit te voer, maar verskeie waarnemers wys daarop die Guaido verskeie kere herhaal het dat hy nie ten gunste van gewelddadige optrede is nie.