Venezuela: Nog ’n leier kan gearresteer word

Leopoldo Lopez

’n Tweede politieke opposisieleier in Venezuela, Leopoldo Lopez, staar arrestasie in die gesig waar hy tans skuil in die Spaanse diplomatieke woonhuis.

Dit volg nadat hy Vrydag bekendgemaak het dat hy met senior Weermag offisiere gesprek gevoer het om hulle te oorreed om teen president Maduro te draai.

Die Spaanse regering het egter kennis gegee dat hy nie sal toelaat dat Lopez gearresteer word nie, en sal hom ook nie uitlewer aan die owerheid van Venezuela nie.

Die oorloop van ’n derde van weermag offisiere ter ondersteuning van  Juan Guaido word beskou as die eerste stap om van die president ontslae te raak.

Guaido het egter by herhaling beklemtoon dat die oorname van die regering op vreedsame wyse moet wees sonder enige gewelddadige aksies.

Politieke ontleders meen die aansluiting van Lopez by die aksies van Juan Guaido maak die sruk aansienlik groter op Maduro om uiteindelik die handdoek in te gooi.