Venezuela motoriste wag ure vir brandstof

Woedende motoriste van Venezuela staan deesdae ure en wag voor hulle brandstof kan kry in die olie ryke land waar ’n diktator se swak regering onbevoeg is om die krisis op te los.

Na berig word het ’n tekort aan brandstof ontstaan wat motoriste in lang toue laat wag het by vulstasies voor hulle geholpe kon raak.

Inwoners sê die krisis word al groter, en die rykste olie velde in die wêreld word so swak bestuur dat ’n brandstof tekort nou ondervind word  net soos wat voedsel en medikasie nie beskikbaar is nie.

’n Tekort aan brandstof word glo ondervind weens ’n probleem wat ontstaan het in die tweede grootste olie raffinadery.

Werkers by die raffinadery sê van die belangrikste onderdele het onklaar geraak wat nog nie vervang kon word nie, met die gevolg dat tekorte aan brandstof die afgelope week ondervind word.