Venezuela heropen grense met Brasilië

Tareck El Aissami

Venezuela het sy grens met Brasilië heropen na maande sedert die roetes gesluit is om te voorkom dat noodhulp voorraad uit Westerse lande die land binnegebring word.

Kort nadat die grens heropen is, het die diktator, president Maduro, aangekondig dat die grens met die Karibiese Eiland ook oopgestel word.

Die Maduro regime het die grense gesluit voor die opposisieleier, Juan Guaido, daarin kon slaag om dringende noodvoorraad medikasie en voedsel, kon inbring om die krisis te verlig.

Die land gaan gebuk onder die diktatorskap van president Maduro en die inwoners sukkel om noodvoorraad te bekom in die land waar die inflasiekoers so hoog is dat niks meer bekostigbaar is in die land nie.

Tareck El Aissami, die ekonomiese woordvoerder van die regime het gesê die grense word oopgestel ten einde ’n vreedsame grensgebied te verseker, maar waarnemers meen die grense is oopgestel om ’n algehele volksopstand te voorkom wat veroorsaak is deur mense wat nie kos ht om te eet nie.