Venezuela arresteer opposisieparty leier

Uit die Venesuela hoofstad Caracas word berig dat die vise-president van die opposisieparty van Juan Guiaido deur die regime gearresteer is.

Die Intelligensie Agentskap het die leiersfiguur gearresteer en met ’n wegsleep vragmotor sy voertuig verwyder terwyl hy in die motor gesit het.

Die VSA het skerp gereageer en gesê daar sal ernstige gevolge wees indien die leier nie dadelik vrygelaat word nie.

Juan Guaido, wat deur baie lande as die waarnemend president van Venezuela erken word, het sy misnoeë uitgespreek oor die optrede van die pro-Maduro owerheid.

Edgar Zambrano is saam met ses ander parlementslede van die opposisieparty van hulle parlementêre immuniteit gestroop deur die Maduro-gesinde Grondwet-vergadering.