Venezuela ambassadeurs vergader in Columbië

Juan Guaido

Die aangewese ambassadeurs deur Juan Guaido het die afgelope naweek in Columbië vergader om die selfverklaarde president van Venezuela se posisie t help versterk.

Juan Guaido word deur die lande van Suid-Amerika erken as die tussentydse president van Venezuela nadat hulle nie meer die president Maduro erken as regeerder nie.

Tientalle Westerse lande het besluit om President Maduro nie te erken nie, wat hom tot Rusland en Sjina gewens het en daarmee die spanning verhoog het.

Die ambassadeurs het die naweek na metodes en optrede gekyk oor hoe Rusland en Sjina beweeg kan word om Juan Guaido as tussentydse president te erken.

Die byeenkoms word ook benut om die sowat 15 aangewese ambassadeurs in te huldig in hulle ampte, wat deur Juan Guaido waargeneem sal word.

Alhoewel daar twyfel bestaan of die nuwe skuif Rusland en Sjina sal beweeg tot ander insigte, men kenners dit is ’n stap om die morele hoë grond te behou in die stryd om die land s demokrasie te herstel.