Trump optrede verhoog spanning met Iran

Die Amerikaanse Departement van Verdediging oorweeg die moontlikheid om sowat 5,000 bykomende troepe na die Midde Ooste oor te plaas.

Die optrede volg te midde van die geweldige spanning wat tans heers tussen Amerika en Iran, en word algemeen beskou as president Trump se optrede om Iran na die onderhandelinge te dwing vir ’n ander kernwapen ooreenkoms.

Verskeie oorlogskepe van die VSA het intussen in die omgewing van die Midde Ooste aangekom, waarvan minstens een skip die vermoë het om missiele af te weer.

Die Amerikaanse oorlogskepe in die Midde Ooste vorm del uit van ’n operasie om te verseker dat Iran nie sy olie voorraad uitgevoer kry na ander lande nie.

Die VSA se sanksies teen Iran sluit ondermeer ook in dat die VSA ander lande gewaarsku het dat hy geen handel met hulle sal dryf indien hulle olie van Iran aankoop nie.