Trump en Poetin bespreek kernwapen akkoord

President Donald Trump van Amerika het ’n telefoniese gesprek gevoer met die Russiese eweknie, Vladimir Poetin, oor die moontlikheid van ’n nuwe kernwapen ooreenkoms waarby Sjina ook betrek kan word.

Die gesprek wat langer as ’n uur geduur het, is later as bevredigend bestempel deur die Amerikaanse president.

Die twee staatshoofde het ook gedagtes uitgeruil oor Venezuela, en alboei meen dit is verstandig om nie direk in te meng in die verloop nie, maar ingeligte waarnemers sê die Russe het reeds ingemeng en gaan voort om daar betrokke te wees ter ondersteuning van president Maduro.

Die kernwapen ontwikkeling van Noord-Korea is ook bespreek, maar geen inligting is vrygestel oor die situasie nie.

Sarah Sanders, die amptelike woordvoerder in die Wit Huis, het aan die media gesê die moontlikheid van ’n nuwe akkoord tussen Amerika, Rusland en Sjina is bespreek, waarvan die bestaande ooreenkoms hernu kan word en Sjina kan insluit wat ’n wapen wedloop kan verhoed.