Transnet moet Nedbank dagvaar

Transnet het volgens berigte in die media, nog een moontlikheid wat sal help om die miljarde rand te herwin wat verloor is deur rentes.

Die rentes wat verloor is weens die beweerde betrokkenheid van die Gupta verbindings soos Regiments Capital en Trillian.

Die staatsinstelling Transnet se regsverteenwoordigers het nog een moontlikheid voorgestel om sy verlore geld te herwin, en dit is om Nedbank hof toe te sleep.

Dit kan die herwin van R1,5 miljard beteken, sê die regsverteenwoordigers, met verwysing na die aankope van lokomotiewe by die Sjinese terwyl dit nie di opdrag was nie.

Die korrupsie wat gedurende die Jacob Zuma bewind geheers het, slaan oral nuwe korrupsie wandade na die oppervlakte, en in hierdie geval ly honderde bejaardes daaronder omdat hulle nie hul regmatige pensioen ontvang nie.