Transnet hoof se kontrak nie hernu

Die waarnemende Groep Uitvoerende Hoof Tau Morwe het Transnet se diens verlaat aan die einde van April vanjaar.

Hy is in kennis gestel dat sy dienskontrak, wat einde April verval het, nie hernu word nie.

’n Interne memorandum aan personeel is Woensdag gesirkuleer waarin bekendgemaak is dat Tau Morwe nie meer in diens is nie en dat die Raad van Direkteure die besluit geneem het.

Transnet se voorsitter, Popo Molefe, het glo gesê die raad het ook besluit om die huidige waarnemende hoof van finansies, Mohammed Mahomedy, in die pos aan te stel, en sal ook in ’n waarnemende hoedanigheid die pos beklee.