Talle sterf in Russiese vliegramp

Uit Moskou word berig dat minstens 41 mense omgekom het toe ’n Russiese Aeroflot passasiersvliegtuig neergestort het.

Twee kinders was ook van die passasiers wat omgekom het toe die vliegtuig probeer het om ’n noodlanding by die Moskou Lughawe uitgevoer het.

Die Sukhoi Superjet 100 het begin bokspring tydens die noodlanding voordat die agterste deel van die tuig skielik in vlamme uitgebars het.

Passasiers het hals-oor-kop na die nood uitgang gehaas om die vlamme vry te spring, maar talle is vasgekeer en kon nie ontsnap nie.

Slegs 37 van die 78 passasiers aan boord kon die ongeluk oorleef en ondersoek na die voorval in dadelik ingestel deur die owerheid.