Stygende werkloosheid wek kommer

Terwyl die verkiesingsveldtog aan die gang was, moes Suid-Afrika hoor hoe die nuwe werksgeleenthede gaan instroom met buitelandse beleggers wat na die land kom.

Die jongste statistiek toon egter dat die ANC president die kiesers mislei het, of nie weet wat is besig om te gebeur in die land nie.

Dit is die mening van ’n ekonoom van Pretoria nadat dit bekend geword het dat die aantal werkloses met ’n verdere 237,000 toegeneem het wat beteken 16,3 miljoen mense is ekonomies aktief.

Die werkloosheid syfer het tot ’n skrikwekkende 27,6% gestyg, maar die ANC regime vertel aan die kiesers hoe die syfer gaan daal, hulle moet net vir die party stem.

Hierdie styging in werkloosheid met 237,000 is vir die eerste kwartaal van die jaar, en verdere stygings in werkloosheid word verwag weens die ekonomiese resessie waarin die land tans verkeer .

Kommer is uitgespreek oor die toename in misdaad wat veroorsaak is der die grote werkloosheid, en die klaarblyklike traagheid by die polisie om die misdadigers vas te vat, maak van Suid-Afrika ’n onaantreklike beleggings punt.