Stemlokale in weermag tente

Verskeie skole het besluit dat hulle persele nie langer beskikbaar is vir die verkiesing van 8 Mei in Suid-Afrika nie.

Van die skole beweer dat hulle eiendom beskadig word en dat van die toerusting weggedra word, en daarom is besluit om nie die terrein beskikbaar te stel nie.

Die inligting het die owerheid laat bereik, en moes weermagtente inderhaas na talle dorpe vervoer word om voorsiening te maak vir ’n lokaal.

Onbevestigde berig lui dat sommige skole besluit het om toegang te weier weens die ANC regering se onwilligheid om die skoolgeboue te verbeter deur behoorlike instandhouding te doen.