Spanning in Hong Kong oor Sjina

Onrus en konflik het die naweek losgebars tussen parlementêre ondersteuners van Hong Kong se demokrasie en lojaliste van die Beijing magte as potensiële heerser van die stad.

Die konflik het vlam gevat oor ’n ernstige verskil oor die reuse stad se finansiële begroting, en die parlementslede kon mekaar nie vind oor die aanwending daarvan nie.

Die verskille het uitgeloop op gewelddadige optrede tussen die parlementslede, en uiteindelik moes een lid inderhaas na ’n hospitaal geneem word.

Die gevegte het egter eers uitgebreek toe verskille nie besleg kon word oor immigrante wat die land behoort te verlaat, en teruggestuur moet word na hulle land van oorsprong, ongeag of ’n uitruil ooreenkoms met so ’n land bestaan.