Sonpanele help duisende huishoudings

Kathu Sonplaas

Terwyl Eskom spartel om nog meer skuld te maak met lenings sodat hy staande kan bly, het die mense van die Noord-Kaap groot verligting gekry wat beurtkrag van hulle voordeur sal weghou.

’n Sonplaas is opgerig naby Kathu in die Noord-Kaap wat ’n gemiddelde elektriese krag kan lewer van 100MW, wat sowat 179,000 huishoudings ononderbroke van krag sal voorsien.

Die stelsel, wat die grootste Sonplaas in die land is, en ’n oppervlakte van 600 hektaar beslaan, het ’n totaal van 384,000 groot panele en sal deurlopend krag kan voorsien aangesien die stelsel anders is as enige ander Sonplaas, want krag word in ’n reuse stel batterye opgegaar om t verseker dat daar krag beskikbaar is op reënerige of bewolkte dae.

Cedric Faye, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Sonplaas sê die krag word gestoor om later te gebruik soos nodig.