Skotse premier mik na onafhanklikheid

Nicola Sturgeon

Skotland se pro-onafhanklikheid regering het pas die reëls uiteengesit vir ’n beoogde referendum indien die Brexit wel deurgevoer word.

Die Skotse premier, Nicola Sturgeon, sê die referendum sal in 2020 gehou word nadat die nuwe Britse premier die groen lig gegee het.

Skotland het etlike jare gelede ’n referendum gehou oor onafhanklikheid wat toe ’n weinig te min stemme ten gunste daarvan gekry het, maar intussen het die omstandighede radikaal verander.

Die Skotte is ten gunste van voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie, en indien Brittanje wel daarin slaag om die Verenigde Koninkryk se lidmaatskap te beëindig, wil Skotland as onafhanklike staat weer lid word van die Europese Unie.