Skotland se vryheidstrewe word teengestaan

Ruth Davidson, die leier van die Konserwatiewes in Skotland, het haar kraamverlof opgeoffer om haar party se konferensie by te woon om die moontlikheid van ’n referendum vir onafhanklikheid teen te staan.

Sy het Saterdag die Skotse Konserwatiewes se konferensie bygewoon en daarmee “teruggekeer na die politiek” om te voorkom dat die wegbreek van die Verenigde Koninkryk (VK) met ’n referendum deurgevoer gaan word.

Sy sê daar is genoeg referendums gehou, en haar party is ten gunste van die EU lidmaatskap, maar wil nie wegbreek uit die VK nie.

Die Konserwatiewes is pro-EU lidmaatskap, maar staan die Skotse Nasionale Party teen oor die moontlikheid van Skotland se onafhanklikheid van die VK.

Skotland se Eerste Minister het egter gesê die voorbereidings vir ’n referendum oor onafhanklikheid word gedoen om in 2021 gehou te word met die doel om as onafhanklike staat, weer lid van die EU te word.

Skotland is reeds vir meer as 300 jaar deel van die Verenigde Koninkryk, en het twee jaar gele ’n referendum gehou oor onafhanklikheid, wat toe verwerp is.

Intussen het die steun vir onafhanklikheid begin toeneem, en is die verwagting dat dit nog verder gaan groei tot 2021.