Skip vaar suksesvol sonder bemanning

Vanaf die hawe van Oostende in Europa het ’n boot verlede week vir die eerste keer ’n tog aangepak na die oorkant van die Kanaal sonder enige bemanning aan boord.

Die Belgiese ondernemer, Antoon Van Coillie, wil met sy nuwe tegnologiese ontwikkeling verder moontlikhede ondersoek wat beteken dat die toekoms self varende bote kan oplewer.

Die 12 meter lange vaartuig het op “eie stoom” die kanaal oorgevaar sonder enige onverwagse voorvalle, en is slegs bestuur van ’n kontrole sentrum.

Die onbemande vaartuig moes sy weg vind tussen ander skepe deur, en moes ook rekening hou met ’n aantal windlaaiers wat in die Kanaal opgerig is om elektrisiteit op te wek.

Die projek wat ondersteun is deur die Britse skeepsvaart owerheid, word beskou as groot deurbraak in die bedryf wat na verwagting nou met meer proefnemings na vore wil kom.