Sjinese bang vir Eskom

Die gedeeltelike lening van R7 miljard  wat deur Sjina uitbetaal moes word aan Eskom,  is klaarblyklik  nie gedoen nie uit vrese dat die geld gebruik sou word om salarisse te betaal.

Die kommer is glo uitgespreek dat Eskom diesel sou koop en die dag-tot-dag verpligtinge daarmee sou nakom.

Sjina het ‘n R33 miljard as lening beloof met die veronderstelling dat die fondse gebruik word om Kusile  en Medupi kragstasies te voltooi . 

Eskom is nou in diep waters weens die toestand van hul huidige kragstasies wat nie in stand gehou is nie, terwyl die nuwe kragstasies nie funksioneer soos verwag is nie.

Om die twee nuwe kragsentrale te hersien tot wat dit moes wees, gaan miljarde Rand kos, en indien die Sjinese nie sekerheid het dat die lening daarvoor aangewend sal word nie, sal dit nie uitbetaal word nie.

Dit het intussen bekend geword dat Eskom R47 miljard  spandeer het op diesel die afgelope 10 jaar ten einde krag te voorsien omdat instandhouding op kragstasies nie gedoen is nie..