Sjina wou Taiwan infiltreer en beïnvloed

President Tsai Ing-Wen

Die president van Taiwan, Tsai Ing-Wen, het Vrydagmiddag gesê dat Sjina nou opgehou het met hulle pogings om Taiwan te infiltreer en te beïnvloed.

Sy het die land se Nasionale Veiligheid Agentskap opdrag gegee om die moontlike hernude pogings van Sjina ewe doeltreffend af te weer.

Tsai Ing-Wen sê in ’n onderhoud met verslaggewers dat Sjina besig was met pogings om in te meng in verkiesings deur vooraf te infiltreer en ook met ’n veldtog van fopnuus wou begin.

Die president wou nie uitbrei in besonderhede nie, maar bygevoeg dat Taiwan se Nasionale Veiligheid Agentskap deurlopend metodes moet ontwikkel om die Sjinese aanslae af te weer.