Sewe SA burgers gewond in Egipte

Sewe Suid-Afrikaners is in Egipte gewond en ernstig beseer tydens ’n massiewe ontploffing wat toeriste in ’n bus beseer het.

Die bus was onderweg na die geskiedkundige piramiedes toe die ontploffing plaasgevind het en tientalle mense beseer is en onverwyld na hospitale geneem moes word.

Egipte het met groot moeite en baie reklamewerk probeer om sy toerisme bedryf weer op dreef te kry na maande se onluste wat die land onveilig gemaak het.

Die Egiptiese “Grand Egyptian Museum is ’n groot toeriste aantrekkingskrag en duisende mense gaan jaarliks na die noordelike staat om die talle besienswaardighede te besoek.