Semenya slaan voet in die wind – vir eers!

Die hofuitspraak oor Semenya se “onregverdige voordeel” het hom laat besluit om voet in die wind te slaan.

Dit volg nadat sy regsverteenwoordigers die saak teen die Internasionale Atletiek Federasie (IAF)verloor het wat hom kortwiek om deel te neem aan wedlope indien hy nie die neergelegte vereistes nakom nie.

Semenya het as vroulike deelnemer die een wedloop na die ander gewen wat op internasionale vlak bevraagteken is aangesien daar meningsverskil bestaan oor sy geslag.

Hy het aangedui dat die moontlikheid oorweeg word om uit atletiek deelname te tree, maar daaroor is nog nie ʼn finale besluit geneem nie.