SAID ondersoek sigaret handel

Die nuut aangestelde hoof van die SA Inkomstediens, Edward Kieswetter, het verlede week in sy nuwe werk begin, en het na aanleiding van gerugte, besluit om ondersoek in te stel na onwettige sigaret handel.

Die nuwe hoof gaan ’n baie besige tyd binne om al die onwettige aktiwiteite te laat ondersoek en skuldiges aan die man te bring.

’n Breë front van korrupsie voorvalle tussen SAID en sekere tabak maatskappye is een van die groot ondersoeke wat gedoen gaan word.

’n Verslag wat pas vrygestel is deur die Tax Justice Network sal glo meebring dat verskeie groot tabakmaatskappye in die ondersoek betrek sal wees, ten einde te probeer bepaal wie die skuldiges is wat sigaret belastings ontduik.

British American Tobacco is een van die grootste betalers van belasting in die wêreld, en het in die omgewing van R5,000 miljard aan totale belastings betaal.

’n Woordvoerder van die maatskappy sê hulle betaal elke dag sowat R25 miljoen aan belastings net in Suid-Afrika.

Meningsvormers sê die ondersoek na belasting ontduiking in die sigaret industrie gaan ’n lang en ingewikkelde soektog beteken.