SA het genoeg water, sê ANC

Suid-Afrika het genoeg water om die inwoners deur die wintermaande te voorsien, maar dan moet dit spaarsaam gebruik word.

Die is die mening van die ANC regering se woordvoerder wat ook sê die water is voldoende om aan die behoeftes te voorsien gedurende die komende droë maand van die jaar.

Kenners is egter baie meer bekommerd oor die water voorraad ’n sê die erge besoedeling in die opgaardamme van die land maak die beskikbaarheid veel minder as wat in die damme is.

Damme se watervlakke wissel van 75% vol maar die vinnige daling van meer as 6% gedurende een week, laat rooiligte flikker.

Kommer bestaan oor die onverantwoordelike vermorsing van miljoene liters water wat soms uit lekkend pype in strate wegloop, en dan vir dae lank geen aandag kry nie.

Die toerusting van munisipaliteite wat nie gereeld herstel of versien word nie, het ’n reuse uitwerking op die gehalte van water wat in die krane kom, en verbruikers dwing om gebottelde water te koop.