SA belê in Soedan se olie industrie

Terwyl niemand bereid is om betrokke te raak in die ontginning van olie in die oorloggeteisterde Soedan nie, het Suid-Afrika besluit om $1 miljard (sowat R14 miljard) te belê in die bedryf.

Die belegging wat allerweë as uiters riskant beskou word, kan glo waardevol wees terwyl sanksies die uitvoer van olie deur Venezuela en Iran, ’n tydelike tekort kan meebring.

Die Suid-Afrikaanse staatsbeheerde “Strategiese Brandstof Fonds” en die Suid-Soedan Nyl Petroleum Kor. sal glo ’n 31,000 vierkante kilometer terrein ontgin waar na verwagting 3,5 miljard vate olie beskikbaar is.

Die ontginning van olie sal dadelik in aanvang neem en kan ses jaar lank olie verskaf, maar kenners wys daarop dat die soektog na olie in die betrokke gebied nou eers gaan begin, en daar is nog geen sprake van ontginning nie.

Politieke ontleders is egter bekommerd weens Jeff Radebe se betrokkenheid by die ondertekening van die ooreenkoms.