Rekord aantal partye na parlement

’n Rekord aantal politieke partye sal vanjaar hulle sitplekke inneem in die parlement, wat ’n aan duiding is van die ernstige verdeeldheid wat bestaan onder die swart bevolking van Suid-Afrika.

Van die 48 partye wat deelgeneem het aan die verkiesing, kon 14 daarin slaag om parlementêre verteenwoordiging te kry.

Die nuwe party wat sitplek kry, is die Agang SA, van Mamphela Ramphela, maar die ANC sal met 230 verteenwoordigers die parlement oorheers.

Die vêr linkse DA kry 5 setels minder as voorheen en sal slegs 84 verteenwoordigers hê en die kommunisties gesinde Malema-party se verteenwoordigers vermeerder van 25 na 44 lede.

Die IVP kry 3 setels by en sal 14 sitplekke vul, terwyl die Vryheidsfront vermeerder met 6 lede na ’n totaal van 10.