Rand verswak verder

Die rand het Maandag verder verswak weens die onsekerheid in die uitslag van die komende verkiesing asook vrese oor ‘n moontlike handelsoorlog tussen die VSA en Sjina. 

Die komende verkiesing volg na bykans ‘n dekade se swak ekonomiese groei en uitgebreide korrupsie en wanadministrasie onder ‘n kommunistiese regering.

Die moontlikheid van ’n spoedige ekonomiese herstel word al verder in die toekoms gesien en ekonome meen die opwaartse swaai kan eers in die tweede helfte van 2020 verwag word.