Ramaphosa vry kamma na die wittes

In ‘n verkiesingstoespraak voor sowat 400 mense, blykbaar meeste blank, het Ramaphosa erken dat die ANC wegbeweeg het van ‘n nie-rassige karakter.

‘n Johan Erasmus van die beweging “Betereinders” het hom uitgevra oor swart nasionalisme.  Ramaphosa skerm vir die woord “swart nasionalisme” en sê dit is eerder “swart self-bewustheid” of “swart trots” maar dit word oorheers deur “Suid-Afrika-nisme”.  

Hy herhaal toe Mandela se woorde : nooit ooit sal een groep as beter beskou word as ‘n ander groep soos wat Afrikaner nasionaliste dit doen nie.  Hy het ‘n beroep gedoen op blankes om dae soos Vryheidsdag  en ander nasionale dae by te woon.

Sy erkennings het egter nie daar gestop nie. Hy erken ook dat die ANC die Afrikaanse taal afgeskeep het, en dat die onreg reggestel sal word, maar Afrikaners glo dit is nog ’n leuen op die ANC president se kerfstok.