Ramaphosa beloof ontslag van korruptes

Cyril Ramaphosa

Die AMC se president, Cyril Ramaphosa, het tydens die party se laaste openbare vergadering voor die verkiesing op 8 Mei, voor ’n volgepakte Ellis Park Stadion, gesê dat diegene in ANC geledere wat skuldig is aan korrupsie, en betrokke was by Staatskaping, sal nie in die parlement en regering opgeneem word nie.

Hy sê sulke skuldiges kan nie die mense dien nie en die ANC regering sal met alles waaroor hulle beskik optree om te verseker dat eerbare mense die poste beklee.

Hy verklaar voorts dat hulle nooit sal toesien dat hulle vryheid verruil word vir korrupsie en Staatskaping nie.

Politici reken dit sal nodig wees om te kyk of die president woord sal hou indien iemand soos Jacob Zuma skuldig bevind word aan korrupsie en deel was van die Staatskaping, en of daar teen hom opgetree sal word.