Puigdemont se kandidatuur aanvaar

Die omstrede separatis, Carles Puigdemont, se aansoek om as kandidaat te staan vir die Europese Parlement, is na heroorweging deur die Spaanse regering aanvaar.

Die besluit kom nadat die aanvanklike berig gelui het dat Spanje beswaar maak teen Puigdemont se kandidatuur.

’n Hof in Spanje het egter die regering se besluit omgekeer en bevind dat Carles Puigdemont se grondwetlike reg nie ontneem mag word om as kandidaat te staan nie ongeag die feit dat hy die land uitgevlug het om vervolging vry te spring.

Spanje het vervolging ingestel teen die separatiste van die daalstaat Katalonië wat ’n referendum gehou het om onafhanklikheid, en na ’n meerderheid ten gunste daarvan, het Puigdemont as die deelstaat president, ’n onafhanklikheidsverklaring uitgereik.

Die regering het daarna vervolging ingestel en ’n aantal separatiste agter tralies gesit, maar Puigdemont het na Vlaandere uitgewyk en die land het geweier om hom aan Spanje uit te lewer.