Protesteerders ontwrig stemdag

Protes in Durban, Plettenbergbaai en Khayalitsha was een van die kenmerke van gister se stemmery, en getuig van ontevredenheid met die politieke leiers van die land.

Die ANC se verkiesing was gekenmerk deur brandende bande en paaie wat met klippe bestrooi is soos op die N2 in Natal.

So ook was daar in Plettenbergbaai protes aksies terwyl brandende bande die paaie in Khayalitsha versper het.  I

In Noord-Wes is mense gearresteer wat die OVK president se motor aan die brand gesteek het.

Verkiesings materiaal is beskadig en ‘n polisievoertuig is met klippe bestook. By Holpan naby Kimberley moes polisie die opstokers wat probeer het om voornemende stemmers voor te keer, met rubber koeëls uitmekaar jaag.