Protes op Mei-dag wêreldwyd

Dit is nie net die vakbonde van Suid-Afrika wat op 1 Mei die werkersdag net optogte in die strate van die groter stede gehou het nie.

In Duitsland het tienduisende mense die strate ingevaar om die sogenaamde werkersdag deur te bring.

In Frankryk het die Geel Hemde weereens die strate van Parys beset en met die polisie gebots toe die optoggangers eiendom beskadig het.

Die grootste optog was egter in Venezuela waar ontevrede werkers in groot getalle opgedaag het en besluit het om op 2 Mei te staak uit protes teen die diktator Maduro se bewind.

In Brittanje was die strate van Londen weereens deur betogers beset en kon die gewone verkeersvloei nie deur beamptes verseker word nie.

Talle ander stede van die wêreld het Werkersdag herdenk met ontwrigtende optogte in die groot stede se hoofstrate, wat vreemd is vir die Afrikanervolk wat weinig erg het aan optogte en stakings.