Pro-Westerling wen Noord-Masedonië verkiesing

Stevo Pendarovski

Noord-Masedonië, wat vroeër slegs as Masedonië bekendgestaan het, kry ’n nuwe president na afloop van die naweek se presidentsverkiesing.

Die Westers gesinde Stevo Pendarovski het die presidentsverkiesing gewen na ’n verkiesingsveldtog wat gedomineer is deur ernstige verdeeldheid onder kiesers oor die naamsverandering wat intussen ondergaan is.

Die Staat se Verkiesingskommissie het aangekondig dat 99.5% van die stemme getel, die presidentskandidaat Stevo Pendarovski 61.7% van die stemme getrek het.

Stevo Pendarovski is die kandidaat van die regerende koalisie regering, en sy oorwinning kan die deur oopmaak vir lidmaatskap van die Europese Unie en Navo.