Premier Orban besoek VSA Wit Huis

President Donald Trump van Amerika het die premier van Hogarye, Viktor Orban, geprys vir sy standvastigheid rondom onwettige immigranste en die bedreiging van Moslem insypeling na sy land.

Hy sê met so ’n premier aan bewind, word Hongarye veilig gehou vir sy inwoners, net soos wat die president poog om die VSA te beveilig teen onwettige immigrante.

Premier Orban het die Wit Huis besoek op uitnodiging van die Amerikaanse president, waartydens bespreking gevoer is oor verbeterde handels betrekkinge en energie aangeleenthede asook wapentuig aankope.

President Trump het tydens ’n media onderhoud gesê die Hongaarse premier is ’n streng regeerder, maar ’n eerlike man wat in belang van sy mense regeer.