Poolse nasionalisme toon sterk groei

Jaroslaw Kaczynski

Die regerende nasionalistiese party in Pole, “Wet en Geregtigheid” het ’n sterk groei getoon tydens die Europese Parlement verkiesing van die afgelope week.

Jaroslaw Kaczynski van die regerende party het net minder as 46% van die stemme getrek teenoor die opposisie se 38%.

Die vorige verkiesing het die regerende nasionaliste 32% steun geniet en meningsvormers reken dit baan die weg vir nog ’n klinkende oorwinning wanneer die land later vanjaar ’n algemene verkiesing hou.

Poolse nasionalisme het erge frustrasie by die leiers van die Europese Unie veroorsaak weens sy sterk uitvoering van beleid wat soms deur die EU as “ongrondwetlik” beskou is.

’n Dreigement om teen Pole op te tree, het stil geword toe die nasionalistiese Eerste Minister van Hongarye gewaarsku het dat hy enige optrede teen Pole sal veto.