Politieke onsin

Gedurende die afgelope weke het politici talle uitsprake gemaak wat ietwat belaglik klink, en eerder met ’n knippie sout geneem moet word.

Athol Trollip praat sy kollega, Msimanga na en sê Suid-Afrika is gereed om met ’n DA regering voort te gaan, maar kenners vind dit ietwat van ’n grootpratery as die meningspeilings nagegaan word wat wys hoeveel steun die party verloor het.

Mt die DA se beleid wat na aan die ANC s’n is, word dit as pure politieke lawwigheid afgemaak dat die ANC, volgens die DA leier, in die pad staan van vryheid, terwyl die Afrikaners in beide gevalle as slawe behandel word.

Intussen het die DA erken dat daar ’n sterk moontlikheid bestaan dat die party die verkiesing in Wes-Kaap kan verloor. Hoe gereed is SA dan werklik?

Die mees verspotte opmerking kom egter van Cyril Ramaphosa wat sê die ANC het die mense se lewens ten goede verander, terwyl 50 moorde en 110 verkragtings elke dag deel is van die “veranderings wat ten goed is”.

Politieke ontleders sê dit is sulke “stem werwery” wat mense nie net verwar nie, maar ook ’n aanduiding is van die swak gehalte politieke voorvegters in Suid-Afrika is.