Polisie slaan toe op kuberkraker netwerk

Die polisie in ses Europese lande het saamgewerk en ’n kuberkraker ring vasgetrek wat gevestig is in die oostelike deel van Europa.

Die kuberkrakers het meer as $100 miljoen gesteel van duisende slagoffers wat wêreldwyd beroof is.

’n Internet virus, bekend as “GozNym malware” is aan niksvermoedende mense se e-pos adres gestuur, wat uiteindelik lei tot toegang in die bankrekening.

’n Volledige kuberkraker-netwerk is egter deur die polisie vasgetrek na maande se Europol samewerking, waarvan die VSA ook deel was saam met die Oekraïne, Duitsland, Boelgarye en Georgië.

Nagenoeg 41,000 rekenaar eienaars was die slagoffers van die slenter en het ondermeer kleiner sakeondernemings, welsynsorganisasies, en individuele persone geteiken.

Vyf Russe en ’n aantal helpers uit ander lande is almal vasgetrek, maar een van die geïdentifiseerde Russe is nog op vrye voet.