Pole beplan vir 32 vegvliegtuie

Die Poolse regering beplan die aankoop van 32 Lockheed Martin F-35A vegvliegtuie om sy ou Russiese vegvliegtuie te vervang.

Die Minister van Verdediging in Pole, Mariusz Blaszczak, het in ’n verklaring gesê die groeiende aggressie van sy bure, Rusland, het die opgradering nodig gemaak.

Die minister sê hulle het ’n kwotasie aangevra by die Verenigde State van Amerika asook ’n aanvraag gerig oor die logistieke pakket wat daarmee saamgaan.

Die verenigde State is met ’n omvattende skema besig om nog vier ander lande van Lockheed Martin F-35A vliegtuie te voorsien ten einde Europa meer paraat te kry met moderne wapentuig.