Plakkers sê hulle sal nie stem nie

Plakkerskamp bewoners was woedend toe die Johannesburg Munisipaliteit meer as ’n duisend plakkershutte verwyder het van die terrein waar onwettig gewoon is.

Die plakkerskamp se mense sê as dit is hoe hulle behandel word kort voor die verkiesing, dan is dit duidelik dat hulle ook nie ons stemme nodig het nie en daarom sal hulle nie gaan stem nie.

Die plakkershuise is Dinsdag deur die Stadsraad verwyder wat met behulp van die weermag soldate en onder toesig van die polisie gedoen is.

Die plakkerskamp het op ’n oop stuk grond van die private eiendom in Rabie Ridge omgewing begin toe die eerste plakker reds in Februarie onwettig hulle krotte opgerig het.

Voorbokke het glo die “erwe” aan plakkers verkwansel teen R1,500 elk, en volgens ingeligte bronne, na ’n goeie geldmaak skema, die hasepad gekies.